014 743 2151 info@hansies.co.za
Hansie het aan SA JKA Limpopo Kampioenskappe deelgeneem

Hansie het aan SA JKA Limpopo Kampioenskappe deelgeneem

Hannah Fitzcharles het aan die SA JKA Limpopo Kampioenskappe deelgeneem. Sy het gekompeteer in die “Girls Age 16: Youth Novice Red – KATA” sowel as die “Girls Age 16: Youth Novice Red – KUMITE” afdeling.
Hannah is geplaas in die 1ste plek vir KATA sowel as KUMITE en het haar Limpopo Provinsiale Kleure verwerf. Sy sal Limpopo Provinsie verteenwoordig by die SA JKA Nasionale Kampioenskappe op die 29ste Julie in Johannesburg. Baie geluk Hannah, ons is baie trots op jou puik prestasie.
Hansies het deel geneem aan ‘n Tentpegging kompetisie

Hansies het deel geneem aan ‘n Tentpegging kompetisie

Ané Pretorius, een van ons uitstekende perde ruiters van die Hansies, het deel geneem aan ‘n Tentpegging kompetisie vir Waterberg distrik wat plaasgevind het in Delmas. Sy het uitstekend gevaar en haar resultate is as volg:
Ané : 3de vir Ring en pen
2de vir Enkel Swaard
4de vir Enkel Lans
 
Helene (wat ook vir Waterberg ry) en Ané het saam as ‘n span 1ste geeindig met Halfseksie Swaard. Baie geluk Ané ons is trots op jou.v
Hansie kry Limpopo klere in korfbal

Hansie kry Limpopo klere in korfbal

Lihany Smal het Limpopo klere vir o/18 korfbal verwerf. Die SA toernooi vind in Pretoria plaas te Korfbalpark vanaf 3de tot 8ste Julie. Baie geluk Lihany.

Hansies het aan ‘n Tuks Trampolien kompetisie deel geneem

Lizaan Fourie (links) het aan ‘n Tuks Trampolien kompetisie deel geneem en 2 goue medaljes verwerf. Baie geluk Lizaan.
 
Baie geluk aan Kylie Viviers (middel) wat tydens ‘n Tuks Trampolien kompetisie ‘n silwer en ‘n goue medalje verwerf het.
 
Jayden van Wyk (regs) het tydens ‘n Tuks Trampolien kompetisie ‘n silwer medalje verwerf. Baie geluk Jayden
Hansie senior ryers het’n uitstekende Limpopo MTB XCO finaal by Moorddrift Trails gehad

Hansie senior ryers het’n uitstekende Limpopo MTB XCO finaal by Moorddrift Trails gehad

Baie geluk aan al ons senior ryers met ‘n uitstekende Limpopo MTB XCO finaal by Moorddrift Trails. Ons is baie trots op elkeen van julle, dit was ‘n uitmergelende baan, en julle het elkeen puik presteer en julle alles gegee.
Voor:
Sub Junior Girls: Chantelle Gouws (1ste) en Karli van Wyk (2de)
Agter: Siegfriedt Venter (Youth Boys 8ste), Regard Snyman (Sub Junior Boys 4de), Stephan van Zyl (Sub Junior Boys 7de), Arno Vosloo (Youth Boys 13de) en Chris Shield (Sub Junior Boys 2de)