Hoërskool
Hans Strijdom
Akademie
Vanaf 2025 bied Hoërskool Hans Strijdom die nuwe vak Landboutegnologie aan, wat leerders voorberei op die moderne landboubedryf. By Hoërskool Hans Strijdom is akademie ons eerste prioriteit. Ons glo as dit goed gaan in die klas, gaan dit op ander gebiede ook goed. Ons streef daarna om ‘n leerkultuur te kweek wat dit vir leerders moontlik maak om hul volle potensiaal te bereik. Ons het ‘n bekwame span onderwysers wat altyd bereid is om die ekstra myl te loop vir die leerders. Vanaf Graad 10 bied ons beide ‘n algemene rigting en ‘n tegniese rigting aan om leerders se unieke belangstellings en talente te ondersteun.
Graad 8 & 9 vakke
Gr. 8 & 9 leerders het nege vakke wat vir hulle verpligtend is:
Afrikaans HT
Engels HT/FAL
Sepedi FAL
Wiskunde
Lewensoriëntering
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Natuurwetenskappe
Sosiale Wetenskappe
Skeppende Kunste
Tegnologie
Promosie-en progressievereistes vir Graad 8 en Graad 9 vakke
Taal op Huistaalvlak | Vlak 4 (50-59%) |
Taal op Eerste Addisionele Taalvlak | Vlak 3 (40-49%) |
Wiskunde | Vlak 3 (40 – 49%) |
Ander vakke | Vlak 4 (40-49%) In enige DRIE ander vakke |
Vlak 2 (30-39%) In enige TWEE ander vakke |
GRAAD 10-12
Gr. 10-12 leerders het vier vakke wat vir hulle verpligtend is:
Afrikaans HT
Engels HT/FAL
Sepedi FAL
Lewensoriëntering
Wiskunde/Tegniese Wiskunde/ Wiskundige Geletterdheid
Leerders moet DRIE vakke kies. Keuse vakke vir die algemene rigting is:
Verbruikerstudies
Ingenieursgrafika en -ontwerp (IGO)
Fisiese Wetenskappe
Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)
Geografie
Toerisme
Besigheidstudies
Lewenswetenskappe
Rekeningkunde
Leerders wat die tegniese rigting kies moet EEN van die volgende vakke kies:
Siviele Tegnologie (Houtbewerking)
Elektriese Tegnologie (Kragstelsels)
Meganiese Tegnologie (Paswerk- en Masjinering)
Ingenieursgrafika en -ontwerp(IGO) is verpligtend wanneer leerders die tegniese rigting kies.
Leerders moet ook Fisiese Wetenskappe of Tegniese Wetenskap vat.
8ste Vak: Leerders kan net n 8ste vak neem as die betrokke onderwyser bereid is om dit aan te bied en die koste beloop R500 per jaar!
Promosie-en progressievereistes vir Graad 10 tot Graad 12 vakke
Taal op Huistaalvlak | 40% |
Ander vakke | 40% in TWEE vakke |
30% in DRIE ander vakke |
Slaagvereistes vir verdere studie
Vereistes om toelating vir Graadstudie (Universiteitstoelating)
- 40% vir Huistaal
- 50% vir enige VIER vakke, LO uitgesluit
- 30% vir enige TWEE ander vakke
Vereistes om toelating vir Diploma
- 40% vir Huistaal
- 40% vir enige DRIE ander vakke, LO uitgesluit
- 30% vir enige TWEE ander vakke
Vereistes om toelating vir sertifikaatstudies
- 40% vir DRIE vakke en een van die vakke moet Huistaal wees
- 30% vir enige DRIE vakke
Ekstra klasse
Alle personeel is Maandae vanaf 14:00 – 14:45 beskikbaar om ekstra klasse vir leerders te gee. Res van die week word daar in spesifieke vakke ekstra klasse gegee soos in die rooster aangedui.
GRAAD 8 EKSTRA KLASSE (14:00 – 14:45) – Persoon verantwoordelik sal begin van 2025 opdateer word:
DAG | VAK | PERSOON VERANTWOORDELIK |
Maandag | NW | |
Dinsdag | Rekeningkunde | |
Donderdag | Wiskunde |
GRAAD 9 EKSTRA KLASSE (14:00 – 14:45)
DAG | VAK | PERSOON VERANTWOORDELIK |
Dinsdag | NW | |
Woensdag | Wiskunde | |
Donderdag | Rekeningkunde |
GRAAD 10 EKSTRA KLASSE (14:00 – 14:45)
DAG | VAK | PERSOON VERANTWOORDELIK |
Maandag | Wiskunde | |
Dinsdag | Wiskunde Geletterdheid | |
FW | ||
Woensdag | Tegniese Wetenskap | |
Donderdag | Tegniese Wiskunde | |
Rekeningkunde |
GRAAD 11 EKSTRA KLASSE (14:00 – 14:45)
DAG | VAK | PERSOON VERANTWOORDELIK |
Maandag | Wiskunde | |
Dinsdag | Rekeningkunde | |
Tegniese Wetenskap | ||
Woensdag | Tegniese Wiskunde | |
Wiskunde Geletterdheid | ||
Donderdag | FW |
Adjunkhoof Akademie
Lizel Swart
Kontak:
082 411 8741