Gym
GYM
Ons gym
Hoërskool Hans Strijdom se gimnasium is ‘n moderne en goed toegeruste fasiliteit wat ontwerp is om ons leerders aktief en gesond te hou. Ons glo dat oefening en beweging ‘n belangrike rol speel in ons leerders se fisiese en geestelike ontwikkeling.
Hoogtepunte van ons gimnasium:
- Begeleiding deur ‘n gekwalifiseerde sportkoördineerder.
- Weeklikse oefensessies vir alle sportsoorte, insluitend voorseisoen-voorbereiding.
- ‘n Skoon en veilige oefenomgewing.
- Toegerus met moderne toerusting om aan verskeie fiksheidsbehoeftes te voldoen.
gym inligting
Ons Sportkoördineerder: Eben Brand
Hoërskool Hans Strijdom is trots om Eben Brand as ons sportkoördineerder te hê. Met ‘n diploma in Afrigtingswetenskap en ‘n diep passie vir kinders, bring Eben nie net kennis en ervaring nie, maar ook ‘n opregte begeerte om ‘n verskil te maak in die lewens van ons leerders.
Sy missie is om elke Hansie sterker, meer gemotiveerd en doelgerig te maak deur die belangrikheid van fisiese beweging en dissipline te beklemtoon. Eben se toewyding en kundigheid is sigbaar in elke oefensessie en afrigtingsgeleentheid – hy weet wat hy doen en inspireer leerders om hul volle potensiaal te bereik.