014 743 2151 info@hansies.co.za

Hoërskool

Hans Strijdom

Hansies

SPORT

HANS STRIJDOM lewer jaarliks verskeie top sportmanne en -vroue. Ons bied ‘n wye verskeidenheid sportsoorte aan… daar is een reg vir jou! Ons goed opgeleide afrigters staan reg om jou by te staan om uit te blink in die sport van jou keuse!

Atletiek

HANS STRIJDOM lewer jaarliks atlete op wat aan die Provinsiale-kampioenskappe deelneem. Die HANSIES neem deel aan die Bosveld Interhoër, TUKS Top 10 en die PUK-reeks. Ons bied ook die top 10 Elardus Erasmus aan, waar daar oor die 50 skole jaarliks deelneem. Ons jaarlikse Atletiekkurses word aangebied deur top Springbokafrigters en -atlete.

Rugby

Die Hansies glo daarin om elke speler die kans te bied om te ontwikkel – dus beskik die Hansies oor A – en B-spanne in elke ouderdomsgroep by die junior spanne en vanaf ‘n 1ste span tot ‘n 3de span by die senior spanne. Ons maak seker dat ons seuns teen die beste skole kragte meet deur die Mauritz Hansen Rugbyweek aan te bied gedurende die April vakansie en ons seuns voor te berei vir die seisoen wat voorlê. Die toernooie waaraan ons deelneem, is Mauritz Hansen Rugbyweek en die Virseker Beker Afdeling 2. Op provinsiale vlak spog ons met meer as 20 provinsiale spelers in die laaste vyf jaar.

Netbal

By Hans Strijdom brand die blou vlammetjie in ons netbalharte. Netbal bied die dogters ‘n vroulike atletiese sport om as dames te groei en ‘n gesonde liggaam en gees te huisves. Ons begin vroeg elke jaar met proewe om spanne te kies en speel dan eerste naweek na die Interhoër atletiek byeenkoms die eerste wedstryde. Ons skop die tweede kwartaal met die liga af. In die derde kwartaal geniet ons die laaste bietjie netbal vir die jaar deur deel te neem aan die ‘fast-5’ netbaldag.

Hokkie

As onderwysers en afrigters by Hoërskool Hans Stijdom het ons afrigters heelwat ure langs en selfs op ʼn hokkiebaan deurgebring. Hokkie is ʼn emosionele en fisiese sport en dit kan groot passie uitlok. Soms verskaf dit groot vreugde aan deelnemers en selfs ondersteuners, hoewel daar ook tye is waar dit soms kinders se humeure toets. Belangrike lewenslesse word juis geleer uit hokkie wanneer ʼn balans hiertussen gevind moet word, en dit dien ook as uitlaatklep in tye wanneer die emosies oorkook.

Tennis

Tennis is ‘n sport wat mens se karakter vorm omdat dit ‘n individuele sport is wat baie
dissipline en toewyding verg. Om op topvlak te presteer, waar jy jou kishoue en wenners
teen die lyn af op die spreekwoordelike tiekkie wil laat land, moet jy baie ure se harde
oefening insit.
In Hansiesland het ons twee volledige tennisbane waarop ons oefen om die beste te wees.
Dit is hier waar die volgende Federers, Nadal’s en Williamse gevorm word.
Kom raak gerus deel van hierdie groeiende sportsoort!

Landloop

Meer besonderhede volg

Skaak

Skaak is deel van die sportsoorte wat aan interhoër deelneem. Skaak is baie opwindend en ’n uitdaging vir elkeen wat daarvan hou om hul breinkrag te ontwikkel.  Kinders geniet dit om skaak te speel en word slimmer terwyl hulle die spel speel en hulle sien dit nie as werk nie, maar eerder as ‘n speletjie.

Krieket

Is jy op soek na ‘n professionele krieketervaring met blywende resultate? By Die Hoërskool Hans Strijdom se krieket is dit ons doel om elke leerder belangrike lewenslesse te leer wat krieket bied om sy/haar volle potensiaal in die sport te bereik. Die ontwikkeling van leerders op die krieket veld is vir ons ‘n prioriteit. Ons neem spelers van alle vlakke onder hande, waar hulle met respek behandel word en die beste moontlike afrigting kry. 

Gholf

As onderwyser en afrigter het ek heelwat ure langs en selfs op ʼn gholfbaan deurgebring. Dit het my die geleentheid gegee om kinders die kans te gee om hulself uit te leef in iets wat hulle geniet en terselfdertyd ontwikkel, terwyl hulle onwetend belangrike lewenslesse leer. Dit het my ook die kans gegee om te sien hoe passievol kinders van alle rasse, klasse en verskillende agtergronde is oor gholf – veral oor  hulle welstand, die ywer om te wen en ook die rou emosie wat soms met gholf gepaard gaan.

Swem

Hans Strjidom beskik oor ‘n pragtige 25m swembad, geleë in die middel van die skool.

Hoogtepunte op ons swemkalender is: 

– Interhoer swemgala.
   8 September 2021

Leerders kan ook Ereklere vir swem verwerf by Hoërskool Hans Strjidom.  Die kriteria vir Kleure kan by organiseerder verkry word.

Fietsry

Dit is die 1ste jaar dat die skool fietsry as ‘n skoolsport aanbied. Daar is 4 kompetisies ‘n jaar. Dit sal plaasvind by Louis Trichardt,  Ellisras,  Frikkie Meyer en Merensky. Daar het alreeds 23 leerders laat weet hulle stel belang.

Al wat ‘n mens nodig het is ‘n fiets, helmet en waterbottel. Die oefeninge vind plaas op die skoolterrein en by Eugene Marais.  Van die oefeninge of wedrenne sal ook by Bouncy Croc plaasvind. Daar is alreeds leerlinge in die skool wat op Nasionale vlak die sport beoefen het.

Buitemuurs

Hansies is betrokke by buitemuurse aktiwiteite

Meer inligting volg binnekort.

Ons is trots op ons leerders

Meer inligting gaan binnekort volg.

Gimnasium

Goed vir liggaam en siel

Hoërskool Hans Strijdom het sy eie gimnasium. Ons gaan binnekort meer inligting hier deurgee.

R

Outstanding service

R

Outstanding service

R

Outstanding service

R

Outstanding service

SPORT NUUS

[decm_event_display show_location=”on” event_count=”12″ view_more_text=”Meer inligting” show_pagination=”on” pagination_type=”numeric_pagination” _builder_version=”4.10.8″ _module_preset=”default” global_colors_info=”{}” _i=”2″ _address=”5.0.0.2″ /]

Volg die Hansies hier