014 743 2151 info@hansies.co.za

Hoërskool

Hans Strijdom

SOSIAAL

Hoërskool Hans Strijdom bied ‘n lewendige sosiale program vir leerders en die gemeenskap. Ons leerders geniet hoogtepunte soos sokkies, die matriekafskeid, Valentynsbal, Lentebal en ‘n opwindende Geesweek. Vir die breër gemeenskap reël ons unieke geleenthede soos voëljagte, wynveilings, musiekfeeste, wildsfeeste en gholfdagen. Hierdie aktiwiteite versterk nie net ons skoolgees nie, maar bou ook kosbare bande tussen leerders, ouers en die gemeenskap.

Elke kwartaal hou ons opwindende sokkies waar leerders kan dans en kuier in ‘n veilige en prettige omgewing.

 

Ons matriekafskeid is ‘n luukse hoogtepunt met unieke temas, gehou by die pragtige Tsekama Wedding Venue – ‘n aand om nooit te vergeet nie!

Valentynsdag is ‘n feestelike geleentheid wat as fondsinsameling vir die matriekafskeid dien – ‘n pragtige en romantiese funksie.

Ons tradisionele Lentebal, ten bate van krieket, sien matrieks hul skooldrag omskep in elegante lente-rokke – ‘n gebeurtenis vol styl en gees.

Twee weke voor Interhoër skep ons gees met daaglikse temas, wat die opwinding bou en trots vir ons skool aanwakker.

 
 

Elke jaar skitter ‘n bekende kunstenaar op ons verhoog – in 2024 het Chris Steyn die aand onvergeetlik gemaak.

‘n Luukse geleentheid met ‘n driegangmaal en eksklusiewe wynveiling – ‘n hoogtepunt op die kalender!

Geniet smaaklike wildsvleis, ‘n warm kuieratmosfeer en ‘n veiling, met sowat 300 mense wat jaarliks saam feestelik verkeer.

Ons fondsinsamelings-gholfdag vind plaas by die pragtige Euphoria Golf Estate – ‘n geleentheid wat jy nie wil misloop nie.

Ons gewilde voëljag lok jaarliks 160 jagters vir ‘n dag vol avontuur en kameraadskap.

Bemarker

Lebu van Heerden

076 077 7253

Volg die Hansies hier