014 743 2151 info@hansies.co.za

KOSHUIS

Gesonde koshuislewe

Hoërskool Hans Strijdom se koshuise bied ‘n gesonde en ondersteunende leefomgewing waar leerders akademies en persoonlik kan floreer. Ons fokus op ‘n gebalanseerde leefstyl met goeie kos, sterk dissipline en ‘n hegte gemeenskap. Vanaf 2025 sal dagkamers ook beskikbaar wees vir leerders wat nie permanente koshuisverblyf benodig nie, maar steeds die voordele van ons gesonde koshuislewe wil geniet.

Leatitia: Ons Dogterskoshuis & Sekelbos: Ons Seunskoshuis
Leatitia bied ‘n veilige en ondersteunende tuiste waar dogters groei, akademies presteer en sterk bande vorm. Sekelbos is ‘n plek waar seuns in ‘n veilige, gedissiplineerde en ondersteunende omgewing kan ontwikkel en hul volle potensiaal bereik.

Ons waardes:

  1. Respek
  2. Verantwoordelikheid
  3. Samewerking
  4. Selfdissipline
  5. Empatie

Hoogtepunte van ons koshuislewe:

  • Gebalanseerde maaltye en gesonde lewenstyl.
  • ‘n Fokus op dissipline en akademiese ondersteuning.
  • Geleenthede vir sosiale en persoonlike groei.
  • Vanaf 2025: Dagkamers beskikbaar vir leerders wat nie permanente verblyf benodig nie.

Koshuismoeder

Hennelie Pienaar

Kontak nommer:

083 445 2155

Koshuisvader

Martin van Heerden

Kontak nommer:

076 597 5051