014 743 2151 info@hansies.co.za
LIEFDE – LOJALITEIT – PASSIE

Hoërskool Hans Strijdom

Wat bied ons vir jou?

‘n Tradisieryke skool waar ‘n besondere balans tussen akademie, sport, kultuur ,sosiaal en ‘n gesonde koshuislewe in ‘n Christelike milieu gestel word, om jong Afrikaners te begelei na ‘n blink toekoms.

Hoërskool Hans Strijdom is ‘n Christelike skool wat fokus op die waardes van liefde, lojaliteit en passie. Ons bied ‘n gebalanseerde opvoeding met sterk akademiese prestasie, sport, kultuur, en unieke vakke soos Landboutegnologie. Die skool beskik oor koshuise wat ‘n veilige en ondersteunende omgewing bied, en ons trots as tegniese skool weerspieël ons toewyding tot praktiese vaardighede en leierskapontwikkeling.

Akademie

Ons bied ‘n sterk akademiese grondslag met toegewyde personeel, moderne fasiliteite, en ondersteunende programme om elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel.

Sport

Hoërskool Hans Strijdom is bekend vir sy uitsonderlike sportprestasie, met spanne wat gereeld kompetisies oorheers en as wenners uitblink.

Kultuur

Hoërskool Hans Strijdom blink uit in kultuur, met talentvolle leerders wat jaarliks hul merk laat in kuns, drama, musiek en redenaars.

Sosiaal

Hoërskool Hans Strijdom bevorder sosiale ontwikkeling deur verskeie geleenthede waar leerders vriendskappe bou, samewerking aanleer en leierskap ontwikkel.

Gesonde Koshuislewe

Hoërskool Hans Strijdom se koshuise bied ‘n veilige, gesonde en ondersteunende omgewing waar leerders hul potensiaal ten volle kan ontwikkel, akademies en persoonlik.

Christelike milieu

Hoërskool Hans Strijdom begin elke week met skriflesing, gebed en gewyde sang, wat die skoolgemeenskap herinner aan die belangrikheid van ‘n Christelike lewenswyse en die waardes van geloof en samehorigheid.

Matriekslaagsyfer

Hoërskool Hans Strijdom is trots op die uitsonderlike prestasies van ons matrikulante. Met uitstekende akademiese resultate en uitstaande individuele prestasies, bewys ons leerders keer op keer hul toewyding en harde werk.

%

2019 Matriekslaagsyfer

%

2020 Matriekslaagsyfer

%

2021 Matriekslaagsyfer

%

2022 Matriekslaagsyfer

%

2023 Matriekslaagsyfer

Wat jy kan verwag vir jou kind:

Ons bied tegniese vakke, sowel as akademiese vakke. Ons het sportkampe en  top afrigters
Akademie
Soltech
Bokkieweek
Hansieweek
Elardus Erasmus
Kultuur
​Antwoorde op jou vrae

Hier is antwoorde op die meeste vrae wat ons ontvang – indien jy enige ander vrae het, vul gerus ons aanlyn-kontakvorm in (onder) en ons kom so gou moontlik terug na jou met die antwoord.

01

Koshuise

Hoërskool Hans Strijdom se koshuise bied ‘n warm, gesonde en ondersteunende omgewing waar leerders groei, leer en hul volle potensiaal bereik.

02

Vervoer na die skool

Hoërskool Hans Strijdom se busdiens bied daaglikse vervoer vanaf Potgietersrus en Nylstroon na die skool.

03

Landbou –

tegnologie

Vanaf 2025 bied Hoërskool Hans Strijdom die nuwe vak Landboutegnologie aan, wat leerders voorberei op die moderne landboubedryf.

04

Ekstra klasse

Alle personeel is Maandae vanaf 14:00 – 14:45 beskikbaar om ekstra klasse vir leerders te gee.  Res van die week word daar in spesifieke vakke ekstra klasse gegee soos in die rooster aangedui.

05

Dagkamer vir busleerders

 

Busleerder kan aansoek doen vir ‘n kamer in die koshuis. In die kamer kan hulle dan aantrek vir sport of huiswerk doen tot die bus ry.

Nuutste nuus

Wees deel van ons Hansie-lewe. Kom geniet dit saam met ons!

BOODSKAP VAN HOOF VIR 2025

Om ‘n Hansie te wees, is om deel te wees – want Hansies is meer as ‘n skool – Dit is ‘n
familie!

Ons is opgewonde om 2025 in te gaan met die wete dat ons tot alles in staat is deur die genade wat ons uit die Vader se hand ontvang. Dit is, en sal altyd die belangrikste pilaar wees waarop ons skool gebou is – ons Geloof. Die waardes wat ons skool nastreef is Liefde, Lojaliteit, en Passie. Liefde vir ons Vader, ons Taal en ons skool – hieruit spruit die ander twee. As daar lojaliteit teenoor jou skool is, sal jy lief wees vir jou vriende, die tradisies wat jy saam beleef – die Passie wat jy beleef as dit goed gaan – die hartseer as ons mekaar ondersteun in moeilike tye – dit is wat karakter bou.

Ons roem ons by die Hansies daarop dat ons beginselvaste gebalanseerde jongmense die wêreld instuur. Mense wat weet wat dit is om hard te werk – saam te werk en kind te wees. Ons is bevoorreg om aktiwiteite binne en buite die klaskamer aan te bied wat elke leerling se behoeftes aanspreek. Fasiliteite wat met die beste in Limpopo en met Genade van Bo, eersdaags in Suid-Afrika sal kan meeding. ‘n Goed gekwalifiseerde onderwyskorps, moderne rekenaarsentrums, ‘n akademiese en ‘n tegniese studierigting, met sentrums wat toegerus is om die praktiese aspekte van die tegniese vakke aan te bied. Ons is ook trots daarop dat ons in 2025 vir die eerste keer Landboutegnologie as keusevak vir die Graad 10 leerlinge aanbied. Ons behaal in 2023 ‘n 100 % slaagsyfer in Graad 12 en word gereeld vereer op Distrik, en Provinsiale vlak vir ons akademiese prestasies. Op kultuurgebied neem ons leerlinge aan toneel, debat, kunswedstryde en redenaars deel – ons spog met die Top 10 redenaar in Suid-Afrika, Issebelle de Beer, die hoofdogter van 2024 in ons geledere. So ook die 3de plek in toneel en algehele 1ste plek in redenaars in die Bosveld Interhoër.

Dan natuurlik op sportgebied, leef die Hansies hul ten volle uit. Hansies neem kompeterend aan 14 verskillende sportkodes deel. Ons word in 2024 as die algehele wenners van die Bosveld Interhoër gekroon. Verskeie van ons atlete presteer op
provinsiale en nasionale vlak. Dit alles is slegs moontlik onder leiding van ‘n bekwame span afrigters en organiseerders. Die fasiliteite is van hoogstaande gehalte – ons het pas die netbalbane herstel, spog met ‘n tartan atletiekbaan en bied jaarliks
die Elardus Erasmus Gedenkbyeenkoms, een van die hoogtepunte op die SA Skole atletiek-kalender aan. Die Mauritz Hansen rugbyweek, wat jaarliks in April aangebied word, is in getalle die grootste rugbyweek ter wêreld.

Soos u kan sien is Hansieland, ‘n besige wêreld – ‘n plek waar jy wil wees! Kom raak betrokke. As jou bloed eenmaal blou geklop het, sal jy nooit op ‘n ander plek wil wees nie. 2025 gaan ‘n groot jaar wees – Kom beleef dit saam met ons!

Mnr Rinus de Jager

Hoof van Hoërskool Hans Strijdom

Kontak ons

Ons hoor graag van jou!

Adres

Negendestraat 61
Naboomspruit, 0560

E-pos

info@hansies.co.za

Facebook

Hoërskool Hans Strijdom

Instagram

hs_hans_strijdom
Skakel ons
014 743 2151

Adjunkhoof Akademie

Lizel Swart
082 411 8741

Adjunkhoof Sport

Lebu van Heerden
076 077 7253