014 743 2151 info@hansies.co.za
Hansie kry “Honors with distinction” by dans eksamen

Hansie kry “Honors with distinction” by dans eksamen

Isabel Bruwer wat op 20 Mei 2023 haar Hip hop dans eksamen afgelê het, sy het The Rave eksamen gedoen wat level 8 is en het Honors with distinction gekry, dis 90%.
Tydens Isabel Bruwer se Moderne dans eksamen, het sy haar Graad 4 eksamen afgelê, sy het Honors with distinction plus gekry, dis 95%.
Baie geluk Isabel.
1ste Netbalspan het deurgedring het na die Limpopo-uitspele

1ste Netbalspan het deurgedring het na die Limpopo-uitspele

Ons is baie trots op ons 1ste Netbalspan wat deurgedring het na die Limpopo-uitspele. Die dogters het hard gewerk deur die seisoen om te kom tot hier. Hulle speel op 17 Junie te Hoërskool Pietersburg. Die Hansies staan agter julle, laat julle blou vlammetjie nog groter brand.
Hansie ruiters gaan neem deel aan die 1ste en 2de kwalifiserende skoue vir die SAWMGA

Hansie ruiters gaan neem deel aan die 1ste en 2de kwalifiserende skoue vir die SAWMGA

Op 18 en 19 Maart het Hansie ruiters gaan deelneem aan die 1ste en 2de kwalifiserende skoue vir die SAWMGA (SA Western Mounted games)
Ruiters kan vir die ope afdeling ry en/of vir die skool deelneem bekend as SANESA.
Hier is die ruiters se uitslae vir qualifier 1:
Lizané Pistorius met haar perd Rampant Jimmy level 2 – Algehele 7de plek en sy het 494 punte in totaal verwerf.
Johandri Lange met haar perd Acchilles level 0 – het 493 punte in totaal verwerf
Ané Pretorius met haar perd Lekkerkry Rhapsody level 4 – Algehele 4de plek en sy het 491 punte in totaal verwerf.
Ané het ook met haar ander perd Iben deelgeneem level 1 – Algehele 2de plek en sy het 485 punte in totaal verwerf.
Heinrigh Baars met sy perd Chesta level 2 – Algehele 8 ste plek en hy het 496 punte in totaal verwerf.
Hierdie is die ruiters se uitslae vir qualifier 2:
Lizané Pistorius met haar perd Rampant Jimmy level 2 – Algehele 7de plek en 489 punte in totaal verwerf
Johandri Lange met haar perd Acchilles level 0 – sy het 493 punte in totaal verwerf.
Ané Pretorius met haar perd Lekkerkry Rhapsody level 4 – Algehele 9de plek en 100 punte in totaal verwerf.
Ané het ook met haar ander perd Iben level 1 deelgeneem – Algehele 6de plek en 94 punte in totaal verwerf.
Heinrigh Baars met sy perd Chesta level 2 – Algehele 4de plek en 497 punte in totaal verwerf.
Baie geluk aan hierdie ruiters met hulle pretasies.