014 743 2151 info@hansies.co.za

Hoërskool

Hans Strijdom

Hansies

Rugby

Die Hansies glo daarin om elke speler die kans te bied om te ontwikkel – dus beskik die Hansies oor A – en B-spanne in elke ouderdomsgroep by die junior spanne en vanaf ‘n 1ste span tot ‘n 3de span by die senior spanne. Ons maak seker dat ons seuns teen die beste skole kragte meet deur die Mauritz Hansen Rugbyweek aan te bied geduurende die April vakansie en ons seuns voor te berei vir die seisoen wat voorlê. Die toernooie waaraan ons deelneem, is Mauritz Hansen Rugbyweek en die Virseker Beker Afdeling 2. Op provinsiale vlak spog ons met meer as 20 provinsiale spelers in die laaste vyf jaar.

Afrigters
Die Hoërskool Hans Strijdom afrigters is almal World Rugby geakkrediteerd.
Afrigters word met die nuuste tegnologie en metodes bemagtig deur konstante kursusse by te woon.

Organiseerder
Johan Wessels
0825594140
johan.wessels@live.co.za

Mauritz Hansen Rugbyweek

HANSIEWEEK!

Mauritz Hansen Rugbyweek:  22 tot 26 Maart 2022
 
Hierdie is die grootste skole rugbyweek in die wêreld en hierdie jaar neem 80 rugbyspanne in die volgende ouderdomme deel:
O/14, O/15, O/16, 2de en 1ste spanne.  Dit gaan die 28ste keer wees wat hierdie toernooi gaan plaasvind en 25 skole van verskeie provinsies gaan deelneem.
 
Wedstryde vind alles plaas op die velde van Hoërskool Hans Strijdom en wel op 22, 24 en 26 Maart 2022  Wedstryde begin op 22 en 24 Maart om 08:00 en eindig om 18:00
Op 26 Maart begin die finale op die A veld om 13:00 en prysuitdeling vind plaas na elke ouderdomsgroep.
 
Toerspanne wat in September (afhangend van Covid) na Italië toer word by die O/16 en 1ste spanne verkies.  Daar word ook deur ervare keurders by al die ouderdomsgroepe die 15 beste seuns in sy posisie verkies.
 
Hierdie is ‘n skool maar ook ‘n gemeenskapsprojek vir Hoërskool Hans Strijdom
 

Uitstaandae

[decm_event_display show_location=”on” event_count=”12″ view_more_text=”Meer inligting” show_pagination=”on” pagination_type=”numeric_pagination” _builder_version=”4.10.8″ _module_preset=”default” global_colors_info=”{}”][/decm_event_display]