Hoërskool
Hans Strijdom
Hansies
Krieket
Is jy op soek na ‘n professionele krieketervaring met blywende resultate? By Die Hoërskool Hans Strijdom se krieket is dit ons doel om elke leerder belangrike lewenslesse te leer wat krieket bied om sy/haar volle potensiaal in die sport te bereik. Die ontwikkeling van leerders op die krieket veld is vir ons ‘n prioriteit. Ons neem spelers van alle vlakke onder hande, waar hulle met respek behandel word en die beste moontlike afrigting kry. Ons het vier bekwame en afrigters wat 100% toegewyd en passievol is vir die sport. By Die Hoërskool Hans Strijdom bied ons jou kind nie net die geleetheid om te oefen in spanverband nie, maar ook baie “one-on-one” afrigting sessies om sodoende individueel met elke speler te werk. Die Limpopo skoleliga vind in die derde kwartaal plaas en neem die O/15A en 1ste span aan die liga deel wat uit 50-boulbeurtwedstryde bestaan. Die dogterspan neem aan die Limpopo T20-kompetisie vir dogters deel.
Die Hoërskool Hans Strijdom spog ook met ‘n paar Provensiale krieketspelers – vanaf O/15-vlak tot O/19-vlak. Ons seuns kry ook die geleentheid om deel te kan wees van die Verre Noord Bokkie week krieket span.
Ons is trots op ons krieketfasiliteite en spog met vier buitenette wat nuut oor gedoen is.
“The bat is not a toy, it’s a weapon.”
Organiseerder
Johan Pitout
073 422 7933
sport@hansies.co.za
Uitstaandae