014 743 2151 info@hansies.co.za

Hoërskool

Hans Strijdom

Hansies

Hokkie

As onderwysers en afrigters by Hoërskool Hans Stijdom het ons afrigters heelwat ure langs en selfs op ʼn hokkiebaan deurgebring. Hokkie is ʼn emosionele en fisiese sport en dit kan groot passie uitlok. Soms verskaf dit groot vreugde aan deelnemers en selfs ondersteuners, hoewel daar ook tye is waar dit soms kinders se humeure toets. Belangrike lewenslesse word juis geleer uit hokkie wanneer ʼn balans hiertussen gevind moet word, en dit dien ook as uitlaatklep in tye wanneer die emosies oorkook. Wanneer iets soos hokkie rou emosie by kinders uitlok, is dit ʼn goeie ding, juis omdat dit dien as uitlaatklep vir die emosies wat baie kinders andersins sou opkrop. Dit is egter belangrik vir ons as afrigters by Hoërskool Hans Stijdom om goeie emosies na vore te moet bring wat wedersydse respek en liefde vir die spel bevorder. Hokkie bied vir die dogters geleentheid om fisies gesond te wees, maar bied ook geleentheid vir emosionele en verstandelike ontwikkeling.

Uitstaandae

[decm_event_display show_location=”on” event_count=”12″ view_more_text=”Meer inligting” show_pagination=”on” pagination_type=”numeric_pagination” _builder_version=”4.10.8″ _module_preset=”default” global_colors_info=”{}”][/decm_event_display]