LIEFDE – LOJALITEIT – PASSIE

Hoërskool Hans Strijdom

‘n Tradisieryke skool waar ‘n besondere balans tussen akademie, sport, kultuur ,sosiaal en ‘n gesonde koshuislewe in ‘n Christelike milieu gestel word, om jong Afrikaners te begelei na ‘n blink toekoms.

Wat bied ons vir jou?

Balans tussen akademie, sport, kultuur ,sosiaal en n gesonde koshuislewe in ‘n Christelike milieu.

Akademie

Hier kan jy ontwikkel sodat jy later steeds jou wortels dieper kan laat wegraak in die ryk aarde waarin kennis verskuil is.

Sport

Die voorreg om ‘n gesonde liggaam te mag koester, is ons motivering om deur elke druppel sweet sterker te word.

Kultuur

Jou taal en leefwyse bou jou menswees uit sodat jou takke skuilpkek vir ander kan bied.

Sosiaal

Ons skep ‘n veilige omgewing waarin kinders kan oefen om mens te wees en dít maak ons anders.

Gesonde Koshuislewe

Christelike milieu

Die kern van ons menswees is stewig geanker in die wete dat slegs God ons reën en sonskyn en groei is.

Ons uitstekende Akademie

Ons is trots op ons matrikulante, ons sien hoe hulle uitblink in hulle loopbane na skool. Ons is ook dankbaar en trots op ons bekwame span onderwysers wat graag die ekstra myl loop sodat ons kinders ‘n goeie toekoms kan hê. 

%

2018 Matriekslaagsyfer

%

2019 Matriekslaagsyfer

%

2020 Matriekslaagsyfer

Wat ons doen vir jou kind:

Ons bied tegniese vakke, sowel as akademiese vakke. Ons het sportkampe en  top afrigters

Akademie

Soltech

Robotika

Hansieweek

Elardus Erasmus

Bokkieweek

Als wat jy moet weet

Word ‘n Hansie vandag

Antwoorde op jou vrae

Hier is antwoorde op die meeste vrae wat ons ontvang – indien jy enige ander vrae het, vul gerus ons aanlyn-kontakvorm in (onder) en ons kom so gou moontlik terug na jou met die antwoord.

01

Koshuise

Ons bied ‘nhuis weg van die huis vir jou kind. Meer besonderhede volg binnekort oor ons koshuise!

Meer besonderhede sal volg

02

Vervoer na die skool

Ons vervoer daagliks kinders tussen Potgietersrus en Naboomspruit en ook tussen Warmbad en Naboomspruit. Naweke is daar ook vervoer vir koshuise vanaf Naboomspruit na Potgietersrus, ook Nylstroom, Warmbad en Pretoria.

Busse word ook gebruik vir sport, kultuur en Top 10 en opvoedkundige uitstappies.

03

Ekstra klasse

Alle personeel is Maandae vanaf 14:00 – 14:45 beskikbaar om ekstra klasse vir leerders te gee.  Res van die week word daar in spesifieke vakke ekstra klasse gegee soos in die rooster aangedui.

04

Aanlyn skool

Hoërskool Hans Strijdom is verbind tot goeie onderwys, indien Covid-19 ons klastye beïnvloed, gaan ons in 2022 aanlyn voort met onderrig.

Meer besonderhede sal volg

Nuutste gebeure

Wees deel van ons Hansie-lewe. Kom geniet dit saam met ons!

Ons gebeure gaan nog hier inpas - daar is altyd iets aan die gebeur by Hoërskool Hans Strijdom!

Onderseteun ons borge

Hansies is trots op die Afrikaanse waardes en kultuur wat ons huldig.  Hier het elkeen ‘n plek en hy of sy sal die geleentheid hê om hom- of haarself in ‘n veilige atmosfeer tot die uiterste te ontwikkel.

Ons bied verskeie geleenthede op sport-, kultuur-,  akademiese- en leierskapgebiede, en is trots daarop om ‘n akademiese en tegniese baan aan leerders te bied.

Die Hansies, alhoewel ons klein in getalle is, is bekend daarvoor dat ons met sukses teen groot skole deelneem.  Ons kinders is gelukkige blinkoog kinders wat die lewe geniet en die ouers en personeel vorm ‘n gedugte span wat by elke geleentheid hande vat en funksies met sukses afhandel.

Ek nooi u uit om ons nuwe webwerf te beleef.  Leer ons skool ken en laat die blou vlammetjie in u bloed helder brand.  Die Leeus van die Noorde sê tereg – Ja ons kom, Suid Afrika.

Mnr Rinus de Jager

Hoof van Hoërskool Hans Strijdom

Kontak ons

Ons hoor graag van jou!

Adres

Negendestraat 61
Naboomspruit, 0560

E-pos

info@hansies.co.za

Skakel ons

014 743 2151

Kontak ons aanlyn

Kontak ons gerus - ons hoor graag van jou 🙂

"*" indicates required fields

Naam en Van:*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.