014 743 2151 info@hansies.co.za

Hoërskool

Hans Strijdom

Hansies

Strijdom Teater

Die nuwe toevoeging van die Strijdom Teater by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong is die breinkind
van Gerda Swanepoel ,kultuurhoof van die skool. Die spoggerige teater is op 3 Oktober geopen met `n program deur die talentvolle leerders van die skool. Die 60 uitgelese gaste het elke item terdeë geniet en een van die gaste het spotenderwys gevra of sy `n “seisoenkaartjie” kan koop. Swanepoel het in die verwelkoming gesê dat sy haar liefde vir kultuur by haar ma gekry het en is vroeg in haar lewe vasgelê. Die doel van die teater is ook om meer geleenthede vir leerders en lede van die gemeenskap om gaste met hulle talente te vermaak. Die Drama Akademie van die skool se Heima Pretorius, Fanie van Vuuren en Allanah Cawood het prosa en gedigte voorgedra. Skye Bester, Zanelle Möller ,albei matriek leerders, en Rochelle Ruthven , graad agt, het van hulle opstelle wat in die eksamen geskryf is, voorgelees. Johanette Pretorius was die seremoniemeester en het `n oud-leerder, Cecelia Pauer se opstel voorgelees. Nog `n Hansie matriek leerder, Daniël Buys het klavier items gelewer. Die hoogtepunt van die program was beslis die optrede van die oud-Hansie, Annemarie Mailovich met haar sang. Mailovich is `n derdejaar student en `n Metzo sopraan. “ Ek het dit ontsettend geniet en kannie wag vir die
volgende optrede nie,” het Elsa van der Merwe aan Die Pos gesê. Spikkels De Wet , hoof van die skool het gesê dat hy trots is op die talent en die openingsfunksie en sien uit na die volgende program. Swanepoel het al die borge wat `n bydrae gelewer het bedank en bevestig dat dit nie sonder hulle tot stand sou kon kom nie.

Uitstaandae

[decm_event_display show_location=”on” event_count=”12″ view_more_text=”Meer inligting” show_pagination=”on” pagination_type=”numeric_pagination” _builder_version=”4.10.8″ _module_preset=”default” global_colors_info=”{}”][/decm_event_display]