LIEFDE – LOJALITEIT – PASSIE
Hoërskool Hans Strijdom
‘n Tradisieryke skool waar ‘n besondere balans tussen akademie, sport, kultuur ,sosiaal en ‘n gesonde koshuislewe in ‘n Christelike milieu gestel word, om jong Afrikaners te begelei na ‘n blink toekoms.
Wat bied ons vir jou?
Balans tussen akademie, sport, kultuur ,sosiaal en n gesonde koshuislewe in ‘n Christelike milieu.
Akademie
Hier kan jy ontwikkel sodat jy later steeds jou wortels dieper kan laat wegraak in die ryk aarde waarin kennis verskuil is.
Sport
Die voorreg om ‘n gesonde liggaam te mag koester, is ons motivering om deur elke druppel sweet sterker te word.
Kultuur
Jou taal en leefwyse bou jou menswees uit sodat jou takke skuilpkek vir ander kan bied.
Sosiaal
Ons skep ‘n veilige omgewing waarin kinders kan oefen om mens te wees en dít maak ons anders.
Gesonde Koshuislewe
Christelike milieu
Die kern van ons menswees is stewig geanker in die wete dat slegs God ons reën en sonskyn en groei is.
Ons uitstekende Akademie
Ons is trots op ons matrikulante, ons sien hoe hulle uitblink in hulle loopbane na skool. Ons is ook dankbaar en trots op ons bekwame span onderwysers wat graag die ekstra myl loop sodat ons kinders ‘n goeie toekoms kan hê.
%
2018 Matriekslaagsyfer
%
2019 Matriekslaagsyfer
%
2020 Matriekslaagsyfer
%
2021 Matriekslaagsyfer
%
2022 Matriekslaagsyfer
Wat ons doen vir jou kind:
Ons bied tegniese vakke, sowel as akademiese vakke. Ons het sportkampe en top afrigters
Akademie
Soltech
Robotika
Hansieweek
Elardus Erasmus
Bokkieweek
Als wat jy moet weet
Word ‘n Hansie vandag
Antwoorde op jou vrae
Hier is antwoorde op die meeste vrae wat ons ontvang – indien jy enige ander vrae het, vul gerus ons aanlyn-kontakvorm in (onder) en ons kom so gou moontlik terug na jou met die antwoord.
01
Koshuise
Ons bied ‘nhuis weg van die huis vir jou kind. Meer besonderhede volg binnekort oor ons koshuise!
02
Vervoer na die skool
Ons vervoer daagliks kinders tussen Potgietersrus en Naboomspruit en ook tussen Warmbad en Naboomspruit. Naweke is daar ook vervoer vir koshuise vanaf Naboomspruit na Potgietersrus, ook Nylstroom, Warmbad en Pretoria.
Busse word ook gebruik vir sport, kultuur en Top 10 en opvoedkundige uitstappies.
03
Ekstra klasse
Alle personeel is Maandae vanaf 14:00 – 14:45 beskikbaar om ekstra klasse vir leerders te gee. Res van die week word daar in spesifieke vakke ekstra klasse gegee soos in die rooster aangedui.
04
Aanlyn skool
Geen aanlyn skool beskikbaar nie.
Nuutste nuus
Wees deel van ons Hansie-lewe. Kom geniet dit saam met ons!
Hansie kry “Honors with distinction” by dans eksamen
Isabel Bruwer wat op 20 Mei 2023 haar Hip hop dans eksamen afgelê het, sy het The Rave eksamen gedoen wat level 8 is en het Honors with distinction gekry, dis 90%. Tydens Isabel Bruwer se Moderne dans eksamen, het sy haar Graad 4 eksamen afgelê, sy het Honors with...
Nog Hansies wat ATKV Redenaars Limpopo Wenners is!
Marnus Law, Limpopo wenner, Junior Onvoorbereid en Zander Law, Limpopo wenner, Senior Voorbereid. Albei hierdie leerders gaan deur na die finale ronde van die ATKV kompetisie. Baie geluk.
Hansie Senior Onvoorbereid – Limpopo wenner
Baie geluk aan Isabelle de Beer wat deur is na finale ronde van die ATKV kompetisie! Senior Onvoorbereid - Limpopo wenner.
1ste Netbalspan het deurgedring het na die Limpopo-uitspele
Ons is baie trots op ons 1ste Netbalspan wat deurgedring het na die Limpopo-uitspele. Die dogters het hard gewerk deur die seisoen om te kom tot hier. Hulle speel op 17 Junie te Hoërskool Pietersburg. Die Hansies staan agter julle, laat julle blou vlammetjie nog...
Hansie gekies is vir die Limpopo Netbalspan.
Baie geluk aan Botshelo Seleka, wat gekies is vir die Limpopo Netbalspan.
Hansie ruiters gaan neem deel aan die 1ste en 2de kwalifiserende skoue vir die SAWMGA
Op 18 en 19 Maart het Hansie ruiters gaan deelneem aan die 1ste en 2de kwalifiserende skoue vir die SAWMGA (SA Western Mounted games) Ruiters kan vir die ope afdeling ry en/of vir die skool deelneem bekend as SANESA. Hier is die ruiters se uitslae vir qualifier 1:...
Onderseteun ons borge
Hansies is trots op die Afrikaanse waardes en kultuur wat ons huldig. Hier het elkeen ‘n plek en hy of sy sal die geleentheid hê om hom- of haarself in ‘n veilige atmosfeer tot die uiterste te ontwikkel.
Ons bied verskeie geleenthede op sport-, kultuur-, akademiese- en leierskapgebiede, en is trots daarop om ‘n akademiese en tegniese baan aan leerders te bied.
Die Hansies, alhoewel ons klein in getalle is, is bekend daarvoor dat ons met sukses teen groot skole deelneem. Ons kinders is gelukkige blinkoog kinders wat die lewe geniet en die ouers en personeel vorm ‘n gedugte span wat by elke geleentheid hande vat en funksies met sukses afhandel.
Ek nooi u uit om ons nuwe webwerf te beleef. Leer ons skool ken en laat die blou vlammetjie in u bloed helder brand. Die Leeus van die Noorde sê tereg – Ja ons kom, Suid Afrika.
Mnr Rinus de Jager
Hoof van Hoërskool Hans Strijdom
Kontak ons
Ons hoor graag van jou!
Adres
Negendestraat 61
Naboomspruit, 0560
E-pos
info@hansies.co.za
Skakel ons
014 743 2151
Kontak ons aanlyn
"*" indicates required fields