Hoërskool
Hans Strijdom
Hansies
Gholf
As onderwyser en afrigter het ek heelwat ure langs en selfs op ʼn gholfbaan deurgebring. Dit het my die geleentheid gegee om kinders die kans te gee om hulself uit te leef in iets wat hulle geniet en terselfdertyd ontwikkel, terwyl hulle onwetend belangrike lewenslesse leer. Dit het my ook die kans gegee om te sien hoe passievol kinders van alle rasse, klasse en verskillende agtergronde is oor gholf – veral oor hulle welstand, die ywer om te wen en ook die rou emosie wat soms met gholf gepaard gaan.
Daar is geen twyfel daaroor nie – gholf is goed vir die kinders. Die tyd wat kinders aan sport en ontspanning bestee terwyl hy/sy ʼn gebalanseerde tienerlewe probeer leef waarin skoolwerk meestal die oorhand kry, is broodnodig. Sport en ontspanning in al sy vorme bied fisieke, emosionele en verstandelike voordele wat elke kind benodig om ʼn gesonde en gebalanseerde lewe te handhaaf.
Uitstaandae