014 743 2151 info@hansies.co.za
Hansie senior ryers het’n uitstekende Limpopo MTB XCO finaal by Moorddrift Trails gehad

Hansie senior ryers het’n uitstekende Limpopo MTB XCO finaal by Moorddrift Trails gehad

Baie geluk aan al ons senior ryers met ‘n uitstekende Limpopo MTB XCO finaal by Moorddrift Trails. Ons is baie trots op elkeen van julle, dit was ‘n uitmergelende baan, en julle het elkeen puik presteer en julle alles gegee.
Voor:
Sub Junior Girls: Chantelle Gouws (1ste) en Karli van Wyk (2de)
Agter: Siegfriedt Venter (Youth Boys 8ste), Regard Snyman (Sub Junior Boys 4de), Stephan van Zyl (Sub Junior Boys 7de), Arno Vosloo (Youth Boys 13de) en Chris Shield (Sub Junior Boys 2de)
 
Hansie kry “Honors with distinction” by dans eksamen

Hansie kry “Honors with distinction” by dans eksamen

Isabel Bruwer wat op 20 Mei 2023 haar Hip hop dans eksamen afgelê het, sy het The Rave eksamen gedoen wat level 8 is en het Honors with distinction gekry, dis 90%.
Tydens Isabel Bruwer se Moderne dans eksamen, het sy haar Graad 4 eksamen afgelê, sy het Honors with distinction plus gekry, dis 95%.
Baie geluk Isabel.
1ste Netbalspan het deurgedring het na die Limpopo-uitspele

1ste Netbalspan het deurgedring het na die Limpopo-uitspele

Ons is baie trots op ons 1ste Netbalspan wat deurgedring het na die Limpopo-uitspele. Die dogters het hard gewerk deur die seisoen om te kom tot hier. Hulle speel op 17 Junie te Hoërskool Pietersburg. Die Hansies staan agter julle, laat julle blou vlammetjie nog groter brand.